Studie: Opkomende boere kry swaar
2011-07-19 15:34
Johannesburg – 'n Studie wat deur die Landbank gedoen is, toon dat opkomende boere faal weens gebrekkige landboubeleid en die regering se versuim om in te gryp.
"Opkomende boere benodig 'n stabiele omgewing. Die bedryf moes by die mark aanpas, en die koste om boere te finansier het toegeneem," het Moraka Makhura, landbounavorser van die Landbank, tydens die bekendstelling van die studie in Midrand, gesê.
Die studie kyk na die werksuitsette van opkomende boere wat die afgelope dekade deur die Landbank ondersteun is.
Die studie toon ook dat baie boere met grond werk wat nie geskik is vir oesproduksie nie.
"Hoe kan ons verwag dat die boere suksesvol moet wees wanneer hulle op 'n eenheid geplaas wat nie goed besproei is nie? Hulle sal nie in sulke toestande kan leer nie," het Makhura.
Hy het gesê 40% van die boere wat by die studie betrokke is, is suksesvol omdat hulle agtergrondkennis het van boerdery, sowel as 'n vaste inkomste.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- SAPA