Leerlinge vind sekuriteitswag se lyk
2010-08-03 19:38
Johannesburg – Die lyk van ‘n hoërskool se sekuriteitsbeampte is Dinsdagoggend deur leerlinge buite ‘n klaskamer in Oos-Londen gevind, het die polisie gesê.
“Ons weet nog nie watter wapen gebruik is nie, maar hy het oop wonde regoor sy liggaam,” het kapt. Steven Marais gesê.
Dié werknemer by Hoërskool John Bisseker is Maandag 21:00 laas gesien.
Sy lyk is Dinsdagoggend tussen 07:00 en 07:30 gevind.
Volgens die polisie was daar onlangs talle inbrake in die area rondom die skool gewees.
Die polisie beweer dat die wag dalk ‘n soortgelyke voorval gesien het.
“Hy kon dalk as ‘n bedreiging beskou word.”
Niemand is in hegtenis geneem nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA