Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Studente ruk handuit

2009-08-04 06:49
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. - Woedende studente van die Kaapse Skiereilandse Universiteit van Tegnologie (KSUT) het gister singend en dansend oor studentegeld op die Kaapstad-kampus betoog.

Die polisie se hulp is ingeroep toe die protesoptrede begin handuit ruk het. Die oproerige studente is met rubberkoeëls geskiet nadat hulle skade aan eiendom aangerig het.

Mnr. Mandi Lakhe, ’n derdejaarstudent in finansiële inligtingstelsels, het gesê die universiteit se snoepwinkel is rot en kaal besteel.

“Die voorraad is vernietig en die geld is weg. Ons administrasiegebou is oorstroom omdat krane oop gelos is. Die studente is woedend omdat hulle nie geld het nie,” het hy gesê.

Twee lede van die studenteraad wat anoniem wil bly, het aan Die Burger gesê die KSUT verwag dat studente R5 000 vir registrasie betaal. “Ons het nie sulke geld nie. Ons soek ’n nuwe visekanselier.”

Prof. Vuyisa Mazwi-Tanga, die visekanselier, moet afgedank word, het ’n lid van die studenteraad gesê.

Volgens mnr. Alwyn van Gensen, registrateur van die KSUT, is net losiesgeld verhoog en is nog geen besluit oor ander gelde geneem nie.

“Ek weet nie waar die studente aan dié bedrag kom nie. Daar is net besluit dat mense wat in die koshuis woon ekstra moet betaal. Hulle het eers R1 800 betaal, maar ons het die prys tot R3 000 verhoog. Dié koste het niks met registrasiegeld of met jaarlikse geld te doen nie,” het Van Gensen gesê.

Die universiteit verwerp die optrede van die studente. “Hulle rig onnodige skade aan en ontwrig klasse.”

Me. Thandi Zakhe, ’n student in openbare bestuur in haar derde jaar, het gesê om te betoog is al wat die visekanselier na hulle sal laat luister.

“Ons kom van minder gegoede gemeenskappe en kan nie R5 000 bekostig nie. Dit is ons demokratiese reg om te betoog.”

Mazwi-Tanga was nie gedurende die optog op die kampus nie.

Niemand is beseer of in hegtenis geneem nie.

–Die Burger

Lees meer oor: betogings  |  studente
VOLGENDE OP NUUS24X

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

John Allers sê... u intellek spreek boekdele , koop 'n vliegtuigkaartjie . Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.