Studente in ongeluk na hul vir polisie wegjaag

2010-01-14 10:11
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein - Vyf Kovsiestudente was Woensdagoggend vroeg in ’n motorongeluk betrokke nadat hulle glo onder die invloed van drank bestuur en vir die polisie probeer wegjaag het.

Die bestuurder van die wit Golf waarin hulle gery het, is in hegtenis geneem.

Een van sy passasiers is in ’n ernstige toestand in die intensiewesorgeenheid van die Bloemfontein-Medi-Clinic opgeneem.

Die ongeluk kom kort ná die aankondiging dat studente van volgende week af nie meer op die kampus sal kan drink nie.

Die groep studente het blykbaar Woensdag omstreeks 03:30 in die stad gery toe patrollerende polisiebeamptes opmerk dat hulle roekeloos bestuur, die spoedperk oorskry en verskeie rooi ligte verontagsaam.

Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die bestuurder het vir die polisie probeer wegjaag toe dié hulle probeer stop.

By die Hoër Meisieskool Oranje, op die hoek van Aliwal- en Harry Smithstraat, het die motor teen ’n verkeerslig gebots.

Een van die insittendes, ’n 19-jarige man van Orkney, is ernstig in die botsing beseer. Hy is deur paramedici van die Life-Rosepark-hospitaal en ER24 behandel en met veelvuldige beserings na die Medi-Clinic gehaas.

Die bestuurder van die motor is op die toneel weens dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem. Volgens ’n anonieme ingeligte wat op die ongelukstoneel was, was al die studente onder die invloed van drank.

Volksblad kon nie Woensdag bevestig of al die studente wat by die ongeluk betrokke was, wel in koshuise woon nie. Na verneem word, is drie van hulle, onder wie die beseerde, egter eerstejaars. Eerstejaarstudente mag volgens universiteitsreëls nie op die kampus drink nie, ongeag hul ouderdom.

Rudi Buys, UV-dekaan van studentesake, sê hy is ontsteld oor die ongeluk en sal seker maak die voorval word ondersoek en die betrokke studente kry die nodige ondersteuning.

“Ek is baie ontsteld oor die ongeluk, veral omdat van ons studente daarby betrokke was, iemand beseer is, en dit juis terwyl ons probeer om drankmisbruik onder ons studente te bekamp en probeer om ongelukke soos hierdie te verhinder deur aan studente leiding te gee oor gesonde drankgebruik.”

- Volksblad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.