Student vang baba by taxi-staanplek

2010-05-18 09:10
Tweets Share Share line Print

Nurene Jassiem

Kaapstad - ’n Nagraadse verloskunde-student aan die Universiteit Stellenbosch (US) se voorbereiding op haar teorie-eksamen het gisteroggend prakties geword toe sy ’n baba by die Bellville-taxistaanplek gevang het.

Susan Hendricks (44) het omstreeks 08:00 – te midde van die vervoerstaking – in die tou gestaan om ’n taxi na die US se Tygerberg-kampus te haal toe sy Nopinkie Ntshono (41) langs haar hoor kreun.

“Sy het geskreeu: ‘Dit kom!’ Toe besef ek sy is besig om te kraam.

“Ek het gesien haar water het reeds gebreek en die baba se kop was al sigbaar.”

Hendricks het vroeër as ’n algemene verpleegster gewerk en sit nou haar studies voort.

Maar nou moes sy vinnig dink. Binne enkele oomblikke het mede­pendelaars ’n beskermende kring om Ntshono gevorm.

Handdoeke en ’n kombers het as ’n tydelike bed gedien.

“Die baba is sonder moeite gebore. Ek het hom warm gevryf met ’n handdoek wat iemand by die taxistaanplek gegee het.

“Hy het begin skree. Ek het hom dadelik aan sy ma se bors laat drink sodat hy nie siek word nie.”

Daar was niks om die babaseun se naelstring mee te sny nie. Hendricks, Ntshono en die baba moes dus so gou moontlik by ’n hospitaal uitkom.

Die drie het hul beurt vir plek op die volgende taxi na Tygerberg afgewag. Hulle moes wag dat dié taxi eers vol word voordat hulle na die Tygerberg-hospitaal se noodeenheid kon ry.

“Ek was baie bang oor my baba. As dié vrou my nie gehelp het nie, weet ek nie wat van my baba sou geword het nie.

“Ek is gelukkig dat my kind gesond is,” het die ma van vyf gesê. Sy woon by die N2 Gateway-behuisingsprojek in Delft.

Hendricks het gistermiddag verder studeer vir haar verloskunde-eksamen vandag.

Sy het egter belowe om in voeling te bly met die ma van die eerste baba wat sy gevang het.

- Die Burger

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.