Student se lyk moontlik gevind

2010-10-12 06:26
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kaapstad - ’n Lyk wat Saterdagmiddag by Visbeenbaai aan die Weskus gevind is, is moontlik dié van ’n student wat twee weke gelede by Hondeklipbaai vermis geraak het.

Ao. Gerrit Cloete, woordvoerder vir die Springbok-polisie, het gesê die lyk is vermoedelik dié van Jaco Kotze (26) van Welkom.

Kotze het vir sy doktorsgraad in chemiese ingenieurswese gestudeer en was ook ’n deeltydse dosent aan die Noordwes-universiteit (NWU) in Potchefstroom.

Die lyk, in ’n rooi duikpak, is volgens hom omstreeks 16:20 by Visbeenbaai tussen Hondeklipbaai en Koingnaas gevind.

Cloete het gesê dit is deur lede van die reddingspan, wat sedert Kotze se verdwyning op 29 September onverpoos na hom gesoek het, gevind.

Omdat die lyk al ontbind het, sal ’n nadoodse ondersoek gedoen moet word om vas te stel of dit wel die vermiste student is.

“DNS (toetse) sal nou ingespan word,” het Cloete gesê.

Kotze se ma, Margie, van Welkom, het oor die naweek gesê sy is Saterdagmiddag ingelig ’n lyk – moontlik dié van haar seun – is gevind.

Sy het gesê as dit wel hy is, is sy net bly dat sy haar seun sal kan begrawe en dat die hoofstuk in hul lewe afgesluit kan word.

Kotze het vermis geraak ure nadat hy by ’n gastehuis op Hondeklipbaai ingeteken het.

Die eienaar van die Skulpieskraal Tented Lodge waar hy sou oornag, Rob Meintjes, het gesê dat hy kort ná sy aankoms daar gevra het waar hy kan gaan stap.

Hy is nooit weer gesien nie.

Verlede week is berig daar is bespiegel dat Kotze moontlik deur ’n golf van ’n rots bekend as Spitfire geslaan is.

- Volksblad

Lees meer oor: vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.