Student ontken klag teen Pistorius

2011-07-08 09:10
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die student van wie die naelloper Oscar Pistorius R2,2 miljoen skadevergoeding eis, sê sy het in geen stadium ’n klag teen Pistorius by die polisie ingedien nie.

Cassidy Taylor-Memmory het op haar beurt ’n teeneis teen Pistorius by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

Sy eis dat Pistorius haar in die openbaar om verskoning vra nadat hy haar “as ’n leuenaar, fortuinsoeker, aandagsoeker en as aggressief in die media beskryf” het.

Taylor-Memmory het pas haar verweerskrif in Pistorius se eis aan hom laat beteken.

Pistorius beweer Taylor-Memmory het kwaadwillig ’n aanrandingsklag teen hom ingedien en dat hy toe in hegtenis geneem en aangehou is.

Pistorius is nie op die klag vervolg nie.

Hy sê in hofstukke hy het skade van R2 218 988 gely weens Taylor-Memmory se optrede, onder meer omdat twee instellings geweier het om hul handelsmerk-ambassadeur-ooreenkomste met hom te hernu.

Taylor-Memmory sê in haar verweerskrif sy het op versoek van polisielede “slegs inligting verskaf” oor Pistorius se gedrag by sy huis (in Silver Lakes, Pretoria) op 12 September 2009.

Volgens haar was dié inligting dat Pistorius ’n besering by haar veroorsaak het. Hy het veroorsaak dat ’n stuk hout van sy voordeur op haar been val nadat hy die deur probeer toemaak het.

Die verskaffing van dié inligting, wat nie vals is nie, stel nie die indiening van ’n klag daar nie.

Sy weet nie van ’n “formele klag” nie, sê sy.

Taylor-Memmory ontken sy het die deur geskop sodat ’n stuk hout afgebreek en haar teen die been getref het.

Sy was toe “medies en fisiek ongeskik” en kon nie die deur skop nie.

Pistorius is op polisie-aandrang en -diskresie in hegtenis geneem en aangehou, beweer sy.

Taylor-Memmory ontken dat Pistorius regskoste van R38 988 moes betaal om homself teen die aanrandingsklag te verdedig.

Sy sê die “handelsmerk-ambassadeurkontrak vir Nedbank” het van 1 Januarie tot 31 Desember 2009 gegeld. Dit sou nie noodwendig deur Nedbank verleng word nie.

Ook die “memorandum van ooreenkoms” tussen Pistorius en Sys-pro SA het ses maande in 2008 geduur. Dié ooreenkoms het nie vir die verlenging daarvan voorsiening gemaak nie.

In haar teeneis sê Taylor-Memmory dat Pistorius se stellings oor haar in die media haar verneder en beledig het.

Die skade wat sy daardeur gely het, kan nie vasgestel word nie.

Pistorius skuld haar ’n openbare verskoning, lui haar teeneis.

- Volksblad

Lees meer oor: oscar pistorius

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.