Student ‘kan lig werp op raaiselmoord’

2009-08-20 06:29
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - ’n Student aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie kan moontlik lig werp op die raaiselagtige dood van Elisabeth Dos Santos (47).

Dos Santos, ’n voormalige teksversorger van die tydskrif You, se man het haar verlede Vrydag dood in hul huis in University Estate, Kaapstad, gevind. Sy is verwurg.

Na verneem word, het Dos Santos die student, wat gereeld Vrydae by die huis aangekom het, met redigeerwerk gehelp.

Sers. Hilton Malila, polisiewoordvoerder in Woodstock, het gesê Dos Santos se man, mnr. Jens Kuhn, het Vrydag ná 17:30 tuisgekom en op haar lyk afgekom.

“Die staalhek voor die voordeur was oop.” Malila het gesê Kuhn het dit vreemd gevind, omdat die hek nooit oopgestaan het nie. Die voordeur was egter gesluit.

Hy het sy vrou in die gang naby die voordeur aangetref en ’n ambulansdiens gebel. Sy is op die toneel dood verklaar.

Kuhn het gister gister gesê hy kan nie glo wat met sy vrou gebeur het nie.

Hulle was 20 jaar saam en vier jaar getroud.

Esmaré Weideman, redakteur van Huisgenoot, You en Drum, het gesê almal is geweldig geskok oor Dos Santos se dood.

“Sy het in April 2007 om mediese redes ophou werk omdat haar siekte (veelvuldige sklerose) dit vir haar onmoontlik gemaak het om die strawwe pas by You vol te hou. Maar ons onthou haar as die knap en sprankelende vrou wat sy in vroeëre jare was.”

“Die omstandighede waarin sy dood is, is werklik ontstellend. Hoe kon enigiemand so ’n weerlose vrou skade wou aandoen?”

Sy het voorheen ook by Reader’s Digest, Femina, Fairlady en die Cape Argus gewerk.

’n Buurvrou, mev. Lorna Johnson, het gesê sy en haar man het Dos Santos nog Vrydagmiddag gesien. “Sy het gaan inkopies doen. Ons sit gewoonlik op die stoep en wag tot sy terugkeer.”

Weens Dos Santos se siekte het hulle altyd gewag dat sy van haar uitstappies terugkeer omdat sy soms hulp nodig gehad het om te loop.

Volgens Johnson het sy Vrydag teruggekeer en vir hulle gewaai.

Johnson en haar man het daarna in hul agtertuin gaan sit omdat die son lekker geskyn het.

“Ons het haar nie weer gesien nie en kan ongelukkig nie sê of die student wel opgedaag het nie.”

Malila het gesê die ondersoek is in ’n sensitiewe stadium.

Dos Santos word môre om 11:30 uit die Katolieke kerk St. Augus­tine in die Paarl begrawe.

- Die Burger
 

Lees meer oor: misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.