Student geskors ná anti-Semitiese stellings

2011-06-17 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg. – Die Mail & Guardian (M&G) het ’n leerling-joernalis geskors en gaan hom dissiplinêr verhoor weens beweerde anti-Semitiese stellings op die sosiale netwerk Facebook.

Die student, Ngoako Matsha, is volgens M&G Online Woensdag geskors.

Matsha werk sedert Februarie vanjaar as intern daar.

Matsha het glo in reaksie op ’n inskrywing op Facebook van ene Benji Shulman, gevra dat Facebook-gebruikers voorstelle moet gee vir ’n “basiese ordentlike geskiedenis van apartheid”.

Matsha het in reaksie geskryf “kleinlike apartheid bou hoë mure om Israel van Palestyne te skei”.

Shulman het onder meer gereageer met die woorde: “Dankie vir daardie stuk pseudo-politiek, maar ek het iets nodig wat staande sal bly teen ’n logiese argument.”

Matsha het hierop glo met dié stelling gereageer: “Julle rassiste! Geen wonder Hitler het al die Jode doodgemaak nie, want julle is almal ’n spul rassiste.”

Nic Dawes, hoofredakteur van M&G, het Woensdagoggend vir ’n onderhoud met Jeremy Maggs van e-tv opgedaag, en is deur ’n gebruiker van Twitter van Matsha se uitlating in kennis gestel.

Dawes het volgens M&G Online dadelik met Matsha se toesighouer gepraat om vas te stel of die bewering waar is, en is ingelig dat dit wel die geval is.

Hy is later terug na die kantoor waar hy met Matsha gepraat en hom ingelig het dat hy geskors is en ook dat hy aan ’n dissiplinêre verhoor onderwerp sal word.

Dawes het daarna in e-pos aan die personeel gesê Matsha se opmerkings is grondliggend strydig met die fundamentele waardes van M&G, die Grondwet en basiese menslike ordentlikheid.

“Om die Joodse volksmoord op só ’n manier te regverdig is haat­spraak en is heeltemal onaanvaarbaar in enigse forum,” lui Dawes se e-pos.

Dawes het gesê hy was uiters teleurgesteld en ook kwaad toe hy van die opmerkings verneem het.

Dit was ook weersinwekkend om te sien dat sy koerant aan hierdie saak gekoppel word.

Dawes het gesê selfs al het die saak nie in die openbaar bekend geword nie sou die erns daarvan vereis het dat ernstige opgetrede gedoen word. Die koerant het onlangs ’n reeks werksessies gehou waar die beleid vir sosiale netwerkmedia bespreek is. Dit is duidelik gemaak op hierdie sessies dat werknemers op sosiale netwerke net dit behoort te sê wat hulle bereid is om gepubliseer te sien.

Matsha kon teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: media

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.