'Stryery in ANC kortwiek dienslewering'
2010-03-28 10:25
Johannesburg - Stryery onder lede van die ANC belemmer dienslewering.
Dit was Saterdag die opinie van die party se nasionale voorsitter, Baleka Mbete, het SABC berig.
Mbete het die aanmerking tydens 'n algemene vergadering in eMalahleni (Witbank), Mpumalanga, gemaak.
Onderlinge gestry maak dit moeilik vir die ANC om sy verkiesingsbeloftes van verlede jaar na te kom, meen Mbete.
- Sapa