Stropers vlug ná hul renoster skiet
2011-05-05 13:51
Johannesburg – 'n Renoster is ernstig deur wildstropers op 'n plaas naby Tzaneen, Limpopo, gewond, het die polisie Donderdag gesê.
"Die boer het Woensdag op die renoster afgekom, so ons dink die skietery het Dinsdagaand plaasgevind," het kol. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, gesê.
Die stropers het gevlug nadat die skote afgevuur is.
Meer as 140 renosters is sover vanjaar van kant gemaak.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA