Stropers teiken W-Kaap

2011-08-22 07:02
Tweets Share Share line Print

Touwsrivier - Die bloedspoor van wildstropers loop nou al tot 130 km ver van Kaapstad nadat die grusame vonds van ’n dooie witrenoster, waarvan die horings vermoedelik met pangas afgekap is, Saterdagoggend hier naby op die Aquila-wildreservaat gevind is.

’n Tweede renoster, wie se een horing deur die stropers afgesaag is, lyk of hy dit gaan oorleef. Hy is bebloed agtergelaat met sy tweede horing halfpad afgesaag.

Die veearts wat hom behandel, dr. Mark Walton van Ceres, wat gister heeldag onverpoos geveg het om sy lewe te red, het gisteraand aan Die Burger gesê: “Dit lyk of hierdie renoster aan die herstel is. Hy verkeer nie meer in lewensgevaar nie.”

Die renosters is gejag met moderne pyle en doofmiddel wat net deur veeartse aangehou mag word.

Die geskokte eienaar van Aquila, mnr. Searl Derman, het Saterdag op die toneel van die stropery gesê: “Daar is ’n beloning van R100 000 vir enigiemand wat leidrade kan gee wat kan lei tot die vervolging van die stropers.”

Die eerste onraad is om 06:30 opgemerk. Die stropers moes inderhaas gevlug het, want die eerste renoster wat deur Aquila se mense gevind is, was die een met die half afgesaagde horing.

’n Derde renoster is kort daarna aangetref met ’n pyl in sy skouer. Hy was verder ongedeerd.

Die renosterbul wat dood is, was die pa van twee van die eerste twee renosterkalfies wat in 250 jaar in die Wes-Kaap gebore is.

’n Helikopter is daarna gebruik om na die derde vermiste renoster te soek. Hy is sowat ’n kilometer verder erg vermink in ’n sloot gevind met sy horings wat waarskynlik met pangas uitgekap is, het Derman gesê.

Dit was ’n grusame vonds en Derman was in ’n erg geskokte toestand toe hy Saterdag om 12:00 met die media gesels het.

Van die renosters was maar sowat 3km van die opstal van die toeriste-oord toe hulle aangeval is.

“Geweerskote sou dadelik aandag getrek het, maar ek is trots op my sekerheidspan, wat vinnig opgetree en waarskynlik ’n groter slagting voorkom het,” het Derman gesê.

Die polisie is bedank vir hul vinnige optrede en het reeds leidrade om op te volg.

Derman het Saterdag genoem dat twee handskoene gevind is. In ’n mediaverklaring gister word gemeld dat ook ’n trui op die toneel gevind is.

“Die een horing was reeds afgesaag van die eerste renoster wat ons gevind het. Sy tweede horing was halfpad afgesaag. Dit is nog ’n bewys dat die stropers onverhoeds betrap is,” het Derman gesê.

Hierdie renoster het sowat 150 m deur die veld gestruikel voordat hy neergeslaan het. Daar was baie bloedverlies en Derman het die gewonde dier aan die media gaan wys terwyl hy besig was om te herstel van teenverdowingsmiddels.

Dit was ’n verskriklike gesig om te sien. Derman het die dier aangemoedig om op te staan, aangesien van sy organe beseer kon word as hy te lank in ’n ongemaklike posisie sou lê.

Walton het gesê die stropers was baie professioneel.

“Dit is moderne pyle waarmee hulle geskiet het. Die middels is skedule 7 en mag net deur ’n veearts in ’n kluis aangehou word.”

Hy het bygevoeg hy kan nie glo die stropers kon so akkuraat in die donker skiet nie. Die renosters is presies op die regte plekke getref.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: renosterstropery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.