Stropers ál aggressiewer

2011-11-14 09:12
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Minstens 16 renosters kan binne die volgende 7 weke in Suid-Afrika gestroop word.

Dit sal die totaal bring tot ’n nuwe rekord van 364 renosterstropings vir 2011.

Genl.maj. Simon Mapyane, hoof van die Valke in Mpumalanga, het die afgelope naweek dié tragiese voorspelling gemaak op ’n nasionale beraad vir die private renoster-eienaarsvereniging by Onderstepoort buite Pretoria.

Hy het gesê die stropers raak toenemend aggressief en begin hulle toespits op private eienaars.

Hulle is veral aktief rondom volmaan (volgende op 10 Desember) wanneer hulle snags goed kan sien, het Mapyane gesê.

Die Valke se statistieke toon sedert Januarie is 166 stropers aangekeer, asook 22 ontvangers of koeriers, nog 9 verder af in die smokkelnetwerk en 2 uitvoerders, maar geen kopers wat die produk aan die eindpunt ontvang nie. Die stropers beweeg in groepe en is gewapen met AK47- en swaarkaliberjaggewere. Een het selfs handgranate in sy besit gehad.

Adv. Antoinette Ferreira, ’n senior advokaat van die direkteur vir openbare vervolging in die Vrystaat, het gesê bestaande wetgewing stuit nie die stropers nie.

Die wildboere pleit nou dat handel in renosterhorings gewettig word, omdat hulle glo dit is die enigste manier om die diere van uitwissing te red.

“Dit is soos prostitusie, jy sal dit nooit stop nie. Daar is ’n mark vir die horings,” het Jacques Malan, ’n bekende wildboer, gesê.

Ferreira het gesê die aanvraag is onversadigbaar al is daar geen bewyse dat die keratien waaruit die horings bestaan, medisinale waarde het nie.

Ondersteuners van wettiging glo renosters moet privaat besit word en hul horings gereeld gesaag word, omdat dit teruggroei. Die wins wat uit horingverkope gemaak word, kan vir die bewaring van spesie gebruik word.

Sommiges glo ’n verbod op ’n produk stoot die prys daarvan op en dryf handel in die hande van georganiseerde misdaad.

Die probleem is, al word die verkope van renosterhorings eendag in Suid-Afrika gewettig, sal die boere steeds ingevolge internasionale wetgewing verbied wees om dit oorsee te verkoop, het Ferreira gesê.

Die mark vir die horings is glo 3 miljard mense in die Ooste wat onder meer glo dit genees kanker. Ferreira meen dit is onrealisties om te dink soveel mense kan oortuig word dit het geen medisinale waarde nie.

“Dit is 3 miljard mense teen 22 000 renosters soos sake nou staan.”

Diegene wat glo in ’n verbod op renosterjag, is om etiese redes gekant teen die wettiging van horingverkope, ook omdat dit handel in onbewese medisyne ten koste van die diere bevorder.

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: renosterstropery  |  renosters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.