Strand: Vrou deur hond aangeval
2011-11-19 21:18
Kaapstad – ‘n Vrou het ernstige beserings opgedoen nadat sy deur ‘n hond in die Strand, Kaapstad aangeval is, het paramedici Saterdag gesê.
Die vrou, in haar laat sestigs, is net na 15:00 deur ‘n Rottweiler aangeval, het Andre Visser, woordvoerder van ER24, gesê.
‘n Paramedikus, wat van diens af was, het in sy motor gery toe hy sien hoe die hond die vrou aanval.
“Die hond het die vrou glo op haar arm gebyt. Sy het dit reggekry om weg van die hond te kom waarna sy haar kop teen die sypaadjie gestamp het.”
Die paramedikus het hom na die vrou gehaas.
Die vrou is op die toneel vir nek, rug, been en heupbeserings behandel asook vir ‘n groot wond aan haar arm.
Sy is later na die Vergelegen Medi-kliniek in Somerset Wes geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA