Straler vlieg sáám met Zuma-vliegtuig

2012-01-19 08:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Pres. Jacob Zuma se BBP-straler is pas versien, maar uit vrees vir ’n fout word dit nou klaarblyklik op lang vlugte deur ’n ander straler vergesel.

Toe Zuma onlangs New York toe was om ’n sitting van die Verenigde Nasies (VN) by te woon, is ’n Bombardier Global Express XRS agter-na, het Beeld van ingeligtes verneem.

Die koste van dié vlug van sowat 34 uur word deur vlieëniers op sowat R2,6 miljoen geraam.

Sowel dié vliegtuig as Zuma s’n het tydens die vlug die presidentsroepsein gebruik, het www.defenceweb.co.za berig.

Siphiwe Dlamini, weermagwoordvoerder, het aan James-Brent Styan gesê hy weet nie van die skadu-vliegtuig nie.

Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die ministerie van verdediging, het vroeër gesê die BBP-vliegtuie en die aanskaffing van ­nuwe vliegtuie is tans die onderwerp van ’n hofsaak. Hy kan dus nie breedvoerig daaroor uitwei nie.

Die besluit om ’n skadu-vliegtuig op belangrike vlugte saam te stuur, spruit uit ’n voorval verlede jaar toe adj.pres. Kgalema Motlanthe op die nippertjie ’n kommersiële vlug na Finland moes haal nadat ’n huurvliegtuig probleme opgedoen het.

Huurvliegtuie is vir hom en vir Zuma gebruik terwyl Zuma se Boeing-sakestraler, Inkwazi, in Switserland was vir versiening.

Inkwazi was laat in Desember terug in Suid-Afrika, betyds om Zuma New York toe te neem.

Die tameletjie oor die verskaffing van BBP-vlugte en die aanskaffing van bykomende vliegtuie het verlede jaar tot die bedanking van Mpumi Mpofu as sekretaris van verdediging gelei.

Dit het gebeur nadat die R800 miljoen-kontrak vir die huur van twee stralers toegeken is aan AdoAir, ’n plaaslike lugvaartmaatskappy waarvan die moedermaatskappy in Nigerië geregistreer is.

Dié kontrak is tans die onderwerp van ’n hofsaak nadat die maatskappy ’n hofsaak aanhangig gemaak het omdat die departement die huurtransaksie glo op die lange baan geplaas het.

Luidens stukke voor die hof sê die departement van verdediging die oorspronklike transaksie met AdoAir het gebreke gehad wat selfs deur wetstoepassingsagentskappe verder gevoer kan word.

Uitspraak in die saak sal eers later gelewer word.

Die kwessie van probleme met BBP-vlugte het daartoe gelei dat die lugmag nou ’n aparte kantoor ingerig het wat net dié vlugte hanteer.

’n Huurvliegtuig met Motlanthe aan boord moes vroeër om tegniese redes ’n noodlanding in die Demokratiese Republiek van die Kongo uitvoer.

Oudpres. Thabo Mbeki was ook al weens ’n tegniese probleem in Soedan gestrand.

David Maynier van die DA het Woensdag gesê hy gaan ernstige vrae oor die betroubaarheid van Inkwazi en die bedryf van BBP-vlugte vra.

Hy wil ook weet wie aan boord van die tweede vliegtuig was en wat die koste van dié vlug was.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: jacob zuma

Lewer kommentaar op hierdie artikel
61 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.