Strafregtelike klagte kom teen Ractliffe
2010-10-27 19:22
Johannesburg - Die nasionale vervolgingsgesag het besluit om strafregtelike aanklagte teen Jeremy Ractliffe aanhangig te maak, in verband met die besit van ongeslypte diamante.
Die supermodel, Naomi Campbell het in die internasionale strafhof in Den Haag teen die voormalige Liberiese leier, Charles Taylor getuig.
Sy het gesê Taylor het drie ongeslypte diamante aan haar gegee, en dat sy dit aan Ractliffe oorhandig het. Ractliffe was destyds 'n trustee van die Nelson Mandela Kinderfonds.
Ractliffe sal in Maart aanstaande jaar in die Alexandra-landdroshof verskyn.
– RSG
Volg Nuus24 op Twitter