Storms eis 2 in KZN
2012-01-01 17:56
Durban – Twee mense is dood en drie is vermis ná erge storms in die noordelike deel van KwaZulu-Natal op Oujaarsaand, het die departement van samewerkende regering en tradisionele sake Sondag gesê.
"Een mens is deur weerlig getref en die ander is deur vloede gedood," het Lennox Mabaso, 'n woordvoerder vir die departement, gesê.
Hy het gesê 'n fratsdonderstorm wat gepaard gegaan het met sterk wind het die dorpe uMsinga en uMvoti getref.
Reddingswerkers was Sondag steeds besig om na die drie vermiste mense te soek.
Infrastruktuur en wonings in die gebied is erg deur die stormweer beskadig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA