Stormloop by vlugtelingontvangskantoor
2011-07-08 22:01
Johannesburg – Veertien asielsoekers is beseer tydens
‘n stormloop by die vlugtelingontvangskantoor in Pretoria.
“Asielsoekers wat gewag het vir
diens het deur die hekke gestorm toe dit oopgemaak word om nog
kliënte by die kantoor te laat inkom,” het ‘n woordvoerder vir die departement,
Manusha Pillay, gesê.
Vier van die asielsoekers is hospitaal toe geneem
met ernstige beserings terwyl die ander tien op die toneel bygestaan is.
Die vier is later uit die hospitaal ontslaan
en het die nodige permitte ontvang sodat hulle in die land mag bly.
“Die departement sal verder ondersoek instel
om te verhoed dat iets soortgelyks weer gebeur,” het Pillay gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.