Storm verwoes 61 huise
2009-12-29 13:47
Johannesburg – ‘n Storm wat verskeie dorpies rondom Brits in die Noordwes getref het, het 61 huise verwoes en sowat R1 miljoen se skade veroorsaak.
“Sowat 31 huishoudings en een skool is in Letlhabile verwoes terwyl dertig huise Maandagaand in Oskraal beskadig is,” het Tumelo Tshabalala, woordvoerder van die Madibeng-munisipaliteit, gesê.
Die munisipale burgemeester, Sophy Molokoane-Machiks, sal Dinsdag kospakkies uitgee aan persone wat hulle besittings tydens die storm verloor het.
–Sapa