Storm beskadig huise in Tzaneen
2012-02-12 16:05
Fotogalery - Storms in Alabama
klik op klein foto bo om groter prentjie te sien
Johannesburg – Talle huise is beskadig toe ‘n sterk storm in die vroeë oggendure in Tzaneen losgebars het, het Limpopo se rampbestuur gesê.
“’n Span is na die gebied ontplooi om die omvang van die skade vas te stel...” het Makoma Makhurupetje, ‘n woordvoerder, gesê.
Guwela, Mushiyani, Mbhedle en Shawela in die Giyani-distrik word die ergste geaffekteer.
Makhurupetje sê geen sterftes is aangemeld nie.
Sy sê sterk winde het die huise beskadig en sommiges selfs vernietig.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA