Storm bars los oor Soccer City ná WB
2010-07-17 12:15
Johannesburg - Dis amptelik. Die ikoniese stadion wat die gasheer was vir openingswedstryd van die Wêreldbeker-sokkertoernooi en verlede Sondag se eindstryd, se naam is nou weer die FNB-stadion, maar die hooggeregshof sal dalk moet besluit vir hoe lank.
Die R3,4 miljoen vertoonstuk in Johannesburg, wat aan miljoene oorsese sokkeraanhangers bekend sal wees as Soccer City – en meeste GPS-gebruikers tot hul sagteware opgedateer is – sal vir die volgende vier jaar bekendstaan as die FNB-stadion.
Vicki Trehaeven, woordvoerder van FNB, het gesê dié stadion wat sedert sy konstruksie in 1987 bekend is as FNB-stadion, is tydelik Soccer City genoem om te voldoen aan Fifa se vereistes.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter