Storie oor plaasmoorde wêreldwyd uitgestuur

2011-10-31 08:00
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Dokumentêre rolprent oor plaasmoorde in Suid-Afrika wat begin met die grusame moord op die tweejarige Wilmientjie Potgieter van Lindley en haar gesin, kan eersdaags oor die wêreld heen gesien word.

War of the Flea
vertel aan die hand van statistieke hoe baie boere wreed vermoor word en ondersoek die redes vir dié grusame aanvalle. Omstrede kwessies soos grondhervorming, Julius Malema (ANC-jeugleier) se haatspraakverhoor, die regering wat glo nie genoeg doen om plaasmoorde te bestry nie en die gevolge van die apartheidregering kom in die kollig.

Klem word gelê op Suid-Afrika se gewelddadige agtergrond en samelewing in onderhoude met onder meer Prince Mashele, hoof van die Sentrum vir Politiek en Navorsing in Pretoria, en dr. Johan Burger, senior navorser van die Instituut vir Sekerheidstudies.

Mashele sê ’n ongeskoolde en onopgevoede jong man met ’n gebroke familie wat in ’n ghetto of informele nedersetting grootgeword het en hopeloos is, het ’n groter kans om uiteindelik ’n moordenaar en misdadiger te word.

Hy sê in townships kan gewelddadige mense ontwikkel.

Volgens Burger is Suid-Afrika se moordsyfer vyf of ses keer die internasionale gemiddeld. Altesaam 34,6 moorde word per 100 000 mense gepleeg.

Die rolprentvervaardiger Rian van der Walt, wat al onder meer aan dokumentêre natuurprogramme vir die televisiekanale Discovery Channel en Animal Planet gewerk het, sê die rolprent het nie ’n positiewe boodskap nie, maar vertel harde en soms ontstellende feite.

“Ek doen weg met illusies.”

Die rolprent probeer om mense met die nodige inligting toe te rus sodat hulle besluite kan neem om hulself te beskerm, sê Van der Walt.

Een van die plaasaanvalle in Suid-Afrika wat in die rolprent ondersoek word, is die moorde op Attie en Wilna Potgieter en hul dogtertjie, Wilmientjie, op die plaas Tweefontein naby Lindley.

Emosionele oomblikke word op kamera vasgevang wanneer onderhoude met onder andere Susan Nortjé, suster van mev. Potgieter, en Bokkie van Staden, Wilmien se ouma, gevoer word.

Van der Walt het besluit om die rolprent met die Potgieter-moord te begin omdat dit “die ergste is (van al die plaasmoorde)”.

Hy het op Louis Trichardt in Limpopo grootgeword. “Ek het nie op ’n plaas gewoon nie, maar wel in ’n boeregemeenskap en was altyd bewus van boere wat vermoor word. Ek het vir myself gesê as ek eendag groot is, gaan ek ’n dokumentêr oor plaasmoorde doen.”

Hy onderhandel tans met die SAUK om die rolprent op die kassie uit te saai, maar niks is al afgehandel nie.

Van der Walt skryf dit in vir plaaslike en oorsese rolprentfeeste en wil dit ook in teaters laat draai. Die rolprent is met hoë-definisie-videokameras verfilm en voldoen aan interna­sionale standaarde, sê hy.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: plaasmoorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
57 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

johan.vermeulen.127 sê... miljuisende Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.