Stop renosterstropery deur handel wettig te maak
2010-08-26 00:39
Johannesburg - Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) het Woensdag ‘n beroep gedoen vir die handel van renosterhorings in Suid-Afrika om weer wettig verklaar te word in ‘n poging om stroping in te kamp.
Reinhardt Holtzhausen, bestuurder van WRSA, het gesê die onwettige handel van renosterhorings is buite beheer en dat ‘dringende nuwe opsies' oorweeg moet word om die krisis te hanteer.
Volgens Holtzhausen sal die herinstelling van renosterhorings tot die handelsindustrie, onder streng beheer en standaarde, ‘n ‘oplossing’ wees.
Daar is volgens die WRSA 180 renoster in die afgelope agt maande in Suid-Afrika doodgemaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA