Stiefpa vas vir dogter-verkragting
2010-09-28 12:47
Johannesburg - ‘n 55-jarige Oos-Kaapse man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy 12-jarige stiefdogter verkrag het, het die polisie Dinsdag gesê.
Lt.Kol. Priscilla Naidu het gesê die man is Maandagnag in hegtenis geneem nadat die meisie by haar biologiese pa gekla het.
Naidu het gesê die mees onlangse voorval was Vrydag, toe die man die meisie se slaapkamer binnegegaan het terwyl sy besig was om te verklee.
Hy het haar glo gehelp om haar klere uit te trek en haar toe op die bed verkrag. Hy het haar gedreig en gesê sy mag haar ma nie vertel nie.
Die meisie het haar biologiese pa die volgende dag van die voorval vertel. Hy het die polisie gekontak.
Naidu het gesê die kind is in die sorg van haar biologiese pa geplaas.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA