Stiefpa val glo dogter, vrou aan

2011-09-24 07:05
Tweets Share Share line Print

Welkom – ’n Welkomse ma en haar 15-jarige dogter het ternouernood aan die dood ontkom toe hulle in hul huis na bewering deur die vrou se man, wat die kind se stiefpa is, met ’n skroewedraaier aangeval is.

Rita McDougall het vyf steekwonde opgedoen waarvan een haar hart rakelings gemis het. Haar neus is ook gebreek.

Haar dogter, wie se naam op versoek nie bekend gemaak word nie, is met die skroewedraaier in die rug gesteek en dit het die punt van haar een long raakgesteek.

Albei moes verskeie hegsteke kry.

McDougall se man, Griffith McDougal (44), het homself Woensdagmiddag aan die polisie oorgegee minute voordat hy met die hulp van Leon Rossouw, Bloemfonteise selfoonspeurder, vasgetrek sou word.

Hy het Vrydag vlugtig hier in die hof verskyn en die verhoor is vir sewe dae uitgestel. Klagte van poging tot moord en oortredings van die Wet op Gesinsgeweld word ondersoek.

Mev. McDougall het reeds vroeër ’n interdik teen haar man verkry om hom te keer om haar aan te rand. Die egpaar is besig om te skei, maar het steeds ’n huis gedeel.

Hulle was vyf jaar getroud en die dogter is uit ’n vorige verhouding.

Sy sê sy en haar dogter het in dieselfde kamer gelê en slaap toe ’n man omstreeks 02:00 ingekom en haar met die skroewedraaier aangeval het sonder om ’n woord te sê.

“Ek het vir my lewe terugbaklei.”

Die kind het die man van agter vasgegryp, maar hy het omgedraai, haar in die rug gesteek en teen die bedkassie vasgeskop.

Mev. McDougall en haar dogter kon daarin slaag om van die aanvaller deur ’n klein, smal oopmaakvenster in die voordeur te ontvlug en het om hulp geroep, waarna hy weggehardloop het.

Die kind se pa, Henry Jones van Bloemfontein, het Rossouw gekontak om na die verdagte te help soek. Hy is in Welkom opgespoor, maar het homself kort daarna aan die polisie oorgegee. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.