Sterwende man in vreemde omstandighede in bad gevind
2010-11-03 13:00
Johannesburg – Brandweermanne het 'n gekleede man in sy bad gevind terwyl 'n groot rookwolk by sy vensters uitgeborrel het, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Percy Morokane, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, het gesê daar was nie enige vlamme wat by die woonstel uitgekom het nie, net 'n groot rookwolk.
Die woonstel was gesluit en brandweermanne moes die deur oopforseer om by die woonstel in te gaan. Toe hulle die woonstel deursoek, het hulle op die man afgekom.
"Dis iets wat hulle in 'n lang tyd nie gesien het nie. Dit was baie verbasend," het Morokane gesê.
Die brandweermanne het die man uit die woonstel gedra en hom sonder enige sukses probeer bybring.
Die polisie is na die toneel ontbied en 'n ondersoek sal gedoen word om vas te stel wat tot die dood van die 54-jarige man gelei het.
Morokane het gesê die rook uit 'n brandende stoof in die woonstel gekom.
Die bad waarin die man gelê het, was leeg.
Volg Nuus24 op Twitter