'Sterker' ANC sien uit ná 2013
2013-01-01 08:30
Johannesburg – Ná 'n bestaan van 100 jaar is daar 'n groter mate van eenheid in die ANC en die party sien uit na die nuwe jaar, het die party se leiers in die Noordwes Maandag gesê.
"Ons sê vaarwel aan die eeufeesjaar van die ANC, sonder enige twyfel dat ons beweging groter eenheid, meer krag en kohesie het," het Kenny Morolong, 'n woordvoerder, gesê.
Een van die provinsie se groot prestasies was die verkiesing van vyf van sy lede in die regerende party se nasionale uitvoerende komitee gedurende die verkiesingskongres in Mangaung.
"Hierdie verteenwoordiging is ongeëwenaar. Ons is trots daarop dat diegene wat gekies is, die ANC op alle vlakke gedien het..."
Morolong het gesê die party is ook beïndruk deur die Marikana-kommissie se ondersoek na die dood van 44 mense by 'n Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes.
Die party het oudpres. Nelson Mandela ook 'n spoedige herstel toegewens by sy huis in Houghton, Johannesburg, ná hy vroeër in 'n hospitaal in Pretoria opgeneem is.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA