Stellenbosch skarrel ná aanval op prof

2011-07-15 07:01
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch - “Stellenbosch beskik nie oor genoeg beskerming om Anton van Niekerk te beveilig nie.”

Dié dreigement is glo Donderdag deur ’n lid van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK) aan personeel van die Universiteit van Stellenbosch (US) oorgedra nadat Abel Malan (48) na bewering vir prof. Anton van Niekerk (57) in sy kantoor in die Lettere-gebou aangerand het.

Die VVK is ’n organisasie wat Afrikaners oproep om hulself op ’n alternatiewe kieserslys te laat registreer, wat dan gebruik sal word om ’n alternatiewe Afrikaner-volksraad te verkies. Die einddoel is om deur onderhandelinge met die ANC ’n eie grondgebied te bekom en ’n nuwe Afrikanerland te vestig.

Malan (48), ’n sakeman van Nelspruit en ’n kandidaat van die VVK, het ’n afspraak met Van Niekerk, direkteur van die sentrum vir toegepaste etiek aan die US, gereël. Dit was na aanleiding van ’n artikel deur Van Niekerk getiteld Moet apartheid nie vergoeilik nie, wat op 5 Julie in Die Burger verskyn het.

In dié artikel was Van Niekerk krities oor Afrikaanse intellektuele wat Suid-Afrika se betrokkenheid in die Grensoorlog regverdig. Hy het onder meer geskryf: “As wit mense sit ons met enorme skuld ten opsigte van die verlede.”

Volgens ao. November Filander, ’n polisiewoordvoerder, het ’n stryery ontstaan, waarin “die verdagte aggressief geraak en die kantoorlessenaar op die professor omgekeer het”.

“Hy het die slagoffer ook fisiek aangerand. Die US se beskermingsdienste (USBD) het die verdagte in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.”

Prof. Russel Botman, US-rektor, het Donderdag beweer Malan het ook “verskeie dreigemente geuiter”.

Botman het Donderdagmiddag op ’n nuuskonferensie gesê Van Niekerk het ernstige kneusings aan sy gesig opgedoen en sy bril is gebreek. Hy het ná die voorval ’n dokter en ’n trauma-beampte gespreek. Van Niekerk het beleef navrae na die US se kommunikasie-departement verwys. Volgens Botman was ’n sekerheidsbeampte in die kantoor oorkant dié van Van Niekerk gestasioneer en het die USBD vinnig opgetree om die aanval te stop.

Botman het die aanranding bestempel as “’n laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om ’n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word”.

Volgens Botman het van Malan se meelopers buite die Lettere-gebou op hom gewag. Ná Malan se inhegtenisneming het van hulle buite die Stellenbosch-polisiekantoor gestaan.

Ben Geldenhuys van Pretoria en ’n kandidaat van die VVK, het vertel hulle is besig met ’n landwye toer om hul kandidate bekend te stel. Hulle het Woensdagaand op Stellenbosch voor sowat 100 mense vergader.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, waarvan Malan vise-president is, het hom vir sy beweerde aanval geprys.

“Die beweging het begrip vir die optrede van mnr. Malan en is trots op die onverskrokkenheid wat deur sy leiers geopenbaar word.”

’n Klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer word ondersoek. Malan sal na verwagting vandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
32 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.