Stamselle gee Joost dalk hoop

2011-08-25 07:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Selfs die voorste dokters weet steeds nie hoekom sekere mense die siekte kry wat Joost van der Westhuizen onder lede het nie. Hulle voel magteloos omdat daar geen middel op die mark is wat dit kan genees nie.

Stresbestuur en sy kinders.

Dit is die twee dinge waarop Joost van der Westhuizen gaan fokus terwyl hy hom bevind in ’n resies teen tyd om die simptome van sy siekte te stuit.

Hy het vandeesweek op ’n mediakonferensie oor nuwe eksperimentele behandeling wat hy teen amiotrofiese laterale sklerose (ALS) kry, gesê hy probeer soveel moontlik tyd by sy kinders deurbring.

“Ek sal hulle binnekort moet vertel (van my siekte), maar hulle is eintlik nog te klein om te verstaan. Ek win raad in oor hoe om dit te benader.”

Dit is nie net ’n moeilike gesprek oor sterflikheid nie. Selfs topdokters weet steeds nie hoekom sekere mense die siekte kry nie en voel magteloos omdat daar geen middel op die mark is wat dit kan genees nie.

ALS is die algemeenste soort motorneuronsiekte (MNS). Dit onderbreek die seine van die brein na die willekeurige spiere en begin gewoonlik in die arms of bene.

Die invloed op die diafragma veroorsaak later ernstige asemhalingsprobleme.

Van der Westhuizen het gesê hy is oorval deur e-posse van mense met allerlei kure van oor die wêreld heen.

“Daar is nie ’n stuk op Google oor die siekte wat ek nog nie gelees het nie. Ek het die e-posse net so na my dokters gestuur.”

Dr. Jody Pearl, ’n neuroloog wat Van der Westhuizen behandel, het gesê daar was enkele vreemde voorstelle, soos ’n Chinese geneser met ’n viskop-resep.

“As ’n mens te doen kry met ernstige toestande soos dié, kan jy nie alternatiewe benaderings aflag as jy niks kan bied nie,” het Pearl gewaarsku.

“Tans hou baie pasiënte aan agteruitgaan ongeag dit wat ons doen.”

Die eksperimentele stamselbehandeling wat deur dr. Steve Ray in Brittanje gepatenteer is, is volgens Pearl die belowendste (Westerse) behandeling tot op datum.

Pearl het Ray se behandeling in een van sy (Ray se) voorleggings gesien.

Drs. Vernon Ching en Tim Christofides van die Waterfall City-hospitaal in Midrand het sowat drie weke gelede in ’n chirurgiese prosedure vetselle uit Van der Westhuizen se laerbuik-area verwyder.

Volgens Christofides, ’n plastiese chirurg, was dit net nodig om sowat 200 ml te trek.

’n Spesiale tegniek is gebruik om seker te maak dat die vet die maksimum hoeveelheid stamselle bevat.

Die vetselle is toe na Netcells Cryogenics in Midrand gestuur waar me-senchiemstamselle, wat ook in babas se naelstringe voorkom, geïsoleer is. Dit is selle wat beskadigde selle in die liggaam kan regenereer.

Ray se gepatenteerde tegniek is toe gebruik om ’n terapeutiese produk te ontwikkel wat sowat twee weke gelede in Van der Westhuizen se spiere en are gespuit is.

Volgens Pearl het Van der Westhuizen, benewens die ALS, ook in sy sportloopbaan talle spierbeserings opgedoen. Sy spiere “lek” glo hoë vlakke van ensieme, wat volgens haar nie tipies is van MNS nie. “Dit is moeilik om te weet watter van sy simptome is weens die ALS en wat is weens die spierskade. As die spierskade omgekeer kan word, kan ons duideliker sien wat (ten opsigte van die ALS) oorbly.”

Van der Westhuizen het oor sy talle sportbeserings gesê dat hy in sy amateurdae self sy beserings moes behandel.

Die hoop is dat die produk in die liggaam sal beweeg na beskadigde weefsel om die ou sportbeserings en dalk ook selle wat deur die ALS beskadig is, te herstel.

Dr. Yvonne Holt, mediese direkteur van Netcells, het gesê die hele stamselle word nie teruggeplant nie omdat navorsers voorheen gesien het dit kan gewasse laat groei.

“Oorsese resultate is bemoedigend, maar dit is ’n nuwe wetenskap en Van der Westhuizen en ander pasiënte word voortdurend gemonitor.”

Die behandeling is nie vir die algemene publiek beskikbaar nie.

Van der Westhuizen is ook op konvensionele behandeling om die ALS-simptome te stuit.

ALS-deurbraak
Amerikaanse navorsers het in die joernaal Nature geskryf hulle het ’n gemeenskaplike oorsaak gevind vir alle soorte ALS.
Die sondaar is glo ’n stof genaamd ubiquilin2 wat veronderstel is om foutiewe of beskadigde proteïene in neurone te help herwin.
As ubiquilin2 nie werk nie, bou stukkies rommel-proteïen in die selle op en beskadig dit.
Volgens prof. Teepu Siddique, ’n professor in neurologie aan die Northwestern-universiteit in Chicago, bring dié ontdekking ’n nuwe veld mee waarin navorsers kan soek vir medisyne teen ALS.
“Ons kan nou middels soek wat die proteïen se werking optimaal laat funksioneer.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.