Stakings lei tot geweld

2009-07-27 16:20
Tweets Share Share line Print

Munisipale werkers staak in Johannesburg (Karel Prinsloo, AP).

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Ekstra wetstoepassers moes ingeroep word om oproerige stakers in Khayelitsha, Killarney en Nyanga onder beheer te bring.

Verder is groot gemors gesaai nadat duisende munisipale werkers Maandag regoor die land oor loonverhogings gestaak het.

Kylie Hatton, woordvoerder van die Kaapstadse departement van wetstoepassing, het gesê een van die stad se wetstoepassers is aangerand.

Versterkings moes toe ingeroep word om orde te handhaaf.

In verskeie dele van die land het stakers straatverkopers geteister, asblikke in die straat uitgegooi en Suid-Afrikaners met minimale dienslewering gelaat.

Vakbonde wat die 150 000 lede verteenwoordig, het ‘n lang lys van vereistes en sê dat werknemers sukkel om kop bo water te hou met inflasie wat verlede jaar 13.7% bereik het.

Drie mense is in Limpopo beseer nadat die polisie rubber koeëls na onordelike stakers geskiet het, het Limpopo polisie gesê.

Amptenare van vakbonde moes in Pretoria intree om te voorkom dat stakers straatverkopers langs die pad beroof.

Hulle het ook asblikke in die strate leeggemaak, wat daartoe gelei het dat die polisie ‘n waterkanon moes gebruik om hulle op te breek.

Die ANC is gekant teen die aksies van sommige van dié werkers.

“Ons glo vas dat die munisipale staking, wat tot gevolg het dat strate geplunder word, slegs opgelos kan word deur onderhandelinge,” het die ANC in ‘n verklaring gesê.

Die DA het gesê dat verskeie klinieke in en om Johannesburg gesluit was.

“Dit moet te doen hê met intimidasie aangesien meeste verpleegsters nie lede van Samwu is nie,” het Jack Bloom, woordvoerder van die DA gesê.

Mvume Dlandla, parlementêre Cope-leier, het die stakings op die regering se "onvermoë om met die mense te kommunikeer" geblameer.

Terselfdertyd het die Suid-Afrikaanse Vereniging van Plaaslike Owerhede (Salga) vakbonde genader om terug te keer na die onderhandelingstafel.

Hulle sê dat hulle die loonaanbod reeds van 10.5% na 13% verhoog het.

- Sapa

 

Lees meer oor: anc  |  da  |  misdaad  |  stakings  |  betogings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Riekie sê... DIE MAAK MENS HAAT MET 'N PASSIE!!!!!! Dit maak my so be..k om soiets te lees en te hoor. Dis way way WAY past menslikheid. Ek dan skreeu die onnosele idiotiese ongeletterde comerates oor dinge soos 'n verdomde skildery terwyl die wat vir ons dierbaar is vermoor word regom hulle en nie 'n vinger word gelig om daadwerklik op te tree nie. MAG DIE WAT VERANTWOORDELIK IS HIERVOOR IN DIE HEL BRAND!!!!!!!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 1.8 EXECUTIVE AT
1999
R 79,990.00

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2003
R 101,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2006
R 104,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.