Stakings belemmer gesondheidsklinieke
2011-08-26 22:00
Kaapstad – Mobiele gesondheidsklinieke wat basiese dienste verskaf in die Ethikwini- munisipale gebied in KwaZulu-Natal word erg geraak deur die munisipale staking.
Dr. Iyo Olowo-lagba, adjunkhoof van gesondheid in die munisipaliteit, sê pasiënte wat geaffekteer word, moet na hulle naaste kliniek gaan vir basiese gesondheidsdienste.
Hy sê ongeveer 41 mobiele klinieke kan weens die staking nie normaalweg funksioneer nie.
RSG berig die gebiede wat die ergste geraak word, is Buffelsdraai, wat noord van Durban geleë is, en Umkomaas aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Volg Nuus24 op Twitter.