Stakings: Regering maak nuwe aanbod
2010-08-31 09:24
Johannesburg – Die regering het ‘n nuwe aanbod aan die 1.3 miljoen stakende staatsdienswerkers gemaak, het ‘n amptenaar Dinsdag gesê.
"’n Voorgestelde skikking is opgestel en bied ‘n 7.5% verhoging asook ‘n huistoelaag van R800 per maand aan,” het Richard Baloyi, minister vir die staatsdiens en administrasie, gesê.
Dié aanbod is gemaak nadat vakbonde en die Onafhanklike Arbeidskoukus (ILC) vergader het.
Manie de Clercq, adjunk-hoofbestuurder van die staatsdiensvakbond PSA, het gesê dit is ‘n bruikbare aanbod.
“Ons sal hierdie aanbod na ons lede neem...ons wil nie nog ‘n week wag nie en wil die proses aanmoedig,” het De Clercq gesê.
Volg nuus24 op Twitter.
- SAPA