Staking se einde steeds nie in sig

2010-08-28 08:42
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Stakende staatswerkers in die noodsaaklike dienstesektor is gister gewaarsku hulle tree onwettig op as hulle nie onmiddellik na hul poste terugkeer nie.

Dit kom nadat die minister van staatsdiens en administrasie, Richard Baloyi, Donderdagaand sonder sukses met vakbonde vergader het om die dooie punt rondom loononderhandelings opgelos te kry.

Tot dusver is daar egter nog geen einde in sig vir die staking wat al twee weke duur nie. Baloyi se woordvoerder, Dumisani Nkwamba, het aan Volksblad gesê die eise gaan die regering R22,9 miljard uit die sak jaag.

“Alle werkers in die noodsaaklike dienstesektor moet dringend na hul poste terugkeer,” het Baloyi gister in ’n verklaring gesê. “Nie net word dit vereis ingevolge die Wet op Arbeidsbetrekkinge nie, maar ook ingevolge ’n hofbevel.”

Aangesien die regering nog nie ’n minimum diensvlakooreenkoms met vakbonde bereik het nie – wat onder meer bepaal wat die minimum werkers is wat benodig word in die noodsaaklike dienstesektor – moet al dié werkers nog by die vereistes van die wet hou.

Intussen het Cosatu op ’n nuuskonferensie in Johannesburg gesê hy is baie bekommerd oor die uitwerking van die staking op arm gemeenskappe en die werkersklas. 

- Volksblad

Lees meer oor: stakings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.