Staking sal nié Sapref laat sluit
2011-07-11 16:50
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse raffinadery Sapref het geen planne om te sluit wanneer die duisende werkers van die industriële, chemikalieë- en petroleum-sektor begin staak nie.
"Hoewel Ceppwawu 'n nasionale staking aangekondig het, verwag Sapref nie dat hy gaan sluit nie," het Margaret Rowe, 'n woordvoerder, gesê.
"Sapref beplan om voort te gaan met operasionele werk solank as wat dit veilig is om so te doen."
Rowe kon nie kommentaar lewer oor moontlike brandstoftekorte nie en het verdere navrae na Dennis Matsane, woordvoerder van Shell SA, en Glenda Zvenyika, woordvoerder van BP, verwys. Albei was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.
Herb Payne, woordvoerder van Engen, het gesê hy gaan binnekort kommentaar lewer.
Sowat 70 000 werkers van Ceppwawu en Giwusa het Maandag begin staak.
Hulle eis 'n maandelikse minimum-salaris van R6 000 en 'n werksweek van 40 uur.
Maatskappye wat geraak word sluit Sasol, Engen, BP, Caltex, Total, Adcock Ingram en Tiger Brands in.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA