Staking nie ál rede vir swak gr. 12’s

2010-08-30 09:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - As vanjaar se matrikulante in die eindeksamen swak vaar, sal die landwye staking nie die enigste rede daarvoor wees nie.

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het die naweek by ’n onderwyskonferensie van die Afrikaanse Taalraad (ATR) in Kaapstad gesê talle van vanjaar se matrikulante het reeds op laerskool nie die mas opgekom nie.

Hy het gesê toe vanjaar se matriekklas in 2001 in gr. 3 was, was hul gemiddelde slaagsyfer vir geletterdheid 30%.

Toe hulle ’n paar jaar later weer getoets is, het net 15% van hulle gesyferdheid op die toepaslike vlak geslaag.

Hul gemiddeld vir gesyferdheid was toe 36%.

“Die gehalte onderrig wat die meerderheid leerlinge op laerskool kry, is glad nie goed nie,” het Klopper gesê.

Hy het ook verwys na ’n opname wat in 2008 gedoen is waartydens die vaardighede van onderwysers in provinsies soos KwaZulu-Natal getoets is.

Van die onderwysers het gemiddeld 40% behaal toe hulle vraestelle vir gr. 1 tot gr. 4 moes beantwoord.

Hulle het gemiddeld 33% behaal vir vraestelle in wiskunde vir gr. 4 tot gr. 7.

“Dis die gehalte van onderwys wat moet aandag kry.

“Dit help nie om aan die einde van matriek hoërskole die skuld vir kandidate se swak prestasie te gee nie.

Hoërskole kan niks doen as leerlinge by hulle opdaag wat nie basiese geletterdheid- en gesyferdheidvaardighede het nie,” het hy gesê.

Met verwysing na Afrikaanse skole het Klopper gesê dié sowat 2 300 skole verteenwoordig minder as 10% van al die openbare skole in die land.

“As ’n minderheid het ons egter ’n rol om te vertolk en ons moenie langer net met lippediens van die regering tevrede wees nie.

Die ANC moet oortuig word van die belangrikheid van Afrikaans vir wit en bruin gemeenskappe.”

Hy het ook verwys na die noodsaaklikheid dat meer Afrikaanse onderwysers opgelei word om in toekomstige behoeftes te voorsien.

Van al die instellings waar onderwysers in Afrikaans kan studeer, voltooi 307 vanjaar hul studies aan die Universiteit van Pretoria (UP).

By die Noordwes-Universiteit is dit 474, by die Universiteit van Stellenbosch 78, by die Universiteit van die Vrystaat 159 en by die Universiteit van Johannesburg 30.

Jonavan Rustin, verteenwoordiger van die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) in die Wes-Kaap, het ook gesê die staking sal nie alleen vir die swak prestasie van leerlinge verantwoordelik gehou kan word nie.

“As ’n mens kyk na die uitslae en slaagsyfer van matrikulante in 2007 toe daar ook ’n groot staking was, sal jy sien dat dit nie veel verskil het van vorige jare s’n nie.”

Intussen gaan die landwye staking vandag voort met net sommige skole wat met die rekordeksamen voortgaan, terwyl dit in die meeste skole en in provinsies soos Gauteng uitgestel is.

- Beeld

Lees meer oor: stakings  |  matrieks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.