Staking gaan beslis voort, sê vakbonde

2010-08-21 11:08
Tweets Share Share line Print

Kaapstad -  Leë skoolbanke, stil hofgange, geslote deure by staatsdepartemente en dansende betogers voor hospitaalingange was gister die gesig van die staatsdiensstaking in die Wes-Kaap.

Agt voorvalle van intimidasie is by die Wes-Kaapse onderwysdepartement aangemeld, aldus me. Bronagh Casey, woordvoerder.

Teen middagete het die stakers op die meeste plekke hul fut verloor en verdaag, maar vakbonde het gewaarsku die staking gaan volgende week voort en sal “groter” as die afgelope twee dae s’n wees.

Die beginsel van geen werk, geen betaling geld. “Die mense wat nog niks geld verloor het nie, gaan oor die naweek skaam kry en volgende week by ons aansluit,” meen mnr. James Kruger, Wes-Kaapse voorsitter van Nehawu.

Een van die grootste onderwysvakbonde, die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), se lede staak ook van Maandag af, wat nóg leër klaskamers tot gevolg kan hê.

Gister was 116 van die 1 456 Wes-Kaapse skole gesluit en 5 801 van die 31 808 onderwysers het nie vir werk opgedaag nie.

Verskeie hofsake moes uitgestel word omdat stenograwe, tolke en administratiewe klerke van landdroshowe in Kaapstad, Khayelit­sha, Goodwood en Wynberg asook die streekshof in Kaapstad gestaak het, aldus me. Suraya Joewoodeen, provinsiale sekretaris van Nehawu.

’n Groep van sowat 50 mense het plakkate in die lug geswaai, gesing en op vuvuzelas geblaas voor en oorkant die provinsiale parlement se kantore in Waalstraat.

Altesaam 144 gesondheidswerkers uit ’n totale werkerskorps van 28?067 het by onder meer Tygerberg- en Groote Schuur-hospitaal gestaak, het me. Hélène Rossouw, ’n woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê.

Sowat 200 mense het voor die Groote Schuur-hospitaal saamgedrom en die ingang versper. By die Tygerberg-hospitaal het ’n groep van sowat 30 mense deur die hospitaalgange geloop en betoog, berig Jaco Marais.

Ander staatsdienskantore, soos dié van die departement van arbeid, is ook gesluit.

“Mense gebruik hul laaste geld vir ’n taxi om hul werkloosheidsversekering te gaan opeis. Dan kom hulle daar en sien die plek is toe oor die staking. En dan is daar nie geld om by die huis te kom nie,” het mnr. Ashley McKay (37) van Ravensmead gister gesê.

Vakbonde eis ’n salarisverhoging van 8,6% en ’n behuisingstoelae van R1?000. Die regering se aanbod is ’n 7%-salarisverhoging en ’n behuisingstoelae van R700.

Geen voorvalle van geweld en intimidasie is by die polisie aangemeld nie, het kol. Billy Jones, provinsiale polisiewoordvoerder, gesê.
 

- Die Burger

 

Lees meer oor: vakbonde  |  stakings  |  onderwys

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2005
R 135,995.00

AUDI

A3 2.0 TDi Ambition 3-dr Dsl
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.