Staking: Zuma maak stem dik
2010-08-30 10:00
Johannesburg – Pres. Jacob Zuma het al die ministers van die staatsdiens beveel om weer met onderhandelinge te begin in ‘n poging om die 13 dag lange staking tot ‘n einde te bring, het ‘n woordvoerder gesê.
Volgens Zizi Kodwa, ‘n woordvoerder, het Zuma ministers beveel om dadelik weer te begin met onderhandelinge.
“Zuma het die afgelope naweek met die ministers wat by onderhandelinge oor die staatsdiensstaking betrokke is vergader. Hy is bekommerd oor die langtermyn uitwerking van die staking,” het Kodwa gesê.
Zuma is glo baie bekommerd oor skole wat sluit en oor hospitale waar dienste ontbreek word.
“Dit is gewone, arm mense wat lei en ons kan nie toelaat dat die staking voortgaan nie. Dit is in die beswil van die land dat dit nou opgelos word,” het Kodwa gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.