Staking: Samesprekings duur voort
2011-07-26 12:09
Johannesburg – Loonsamesprekings in die petroleum- en steenkoolsektor sal Dinsdag hervat word, het die vakbond Solidariteit gesê.
Dirk Hermann, woordvoerder van Solidariteit, het gesê die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) sal nou ingryp by die voortslepende staking in die petroleumsektor. 'n Dispuutvergadering sal Dinsdagmiddag gehou word.
Die vakbond Ceppwawu eis 'n verhoging van 13% terwyl werkgewers 10% aanbied.
Hermann sê in die steenkoolsektor het die vakbonde Uasa en NUM 'n verhoging van 14% geëis, terwyl Solidariteit 12% eis.
"Die werkgewers moet nou met 'n nuwe aanbod na die vakbonde kom en ons hoop dat hulle met 'n aanvaarbare aanbod na die tafel kom."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter