Staking: Nuutste aanbod van die hand gewys
2011-07-21 11:45
Johannesburg – Die vakbond Ceppwawu het Donderdag gesê sy lede het hul werkgewers se jongste salarisaanbod, wat 'n einde sou bring aan die twee week lange staking, van die hand gewys.
Werkgewers het 'n verhoging van tussen 8% en 10% aangebied, maar die Chemical, Energy, Paper, Printing, Wood and Allied Workers' Union (Ceppwawu) eis 'n 13% verhoging.
"Die lede het die aanbod van die hand gewys," het John Appolis, beleidskoördineerder van Ceppwawu, gesê.
"Ons mandaat is duidelik. Ons sal staak tot ons 'n ooreekoms met ons werkgewers bereik het en ons lede moet daarmee saamstem."
Appolis het gesê die vakbond sal Vrydag met sy lede in die petroleum- en papiersektor vergader, terwyl 'n vergadering met werkgewers in die farmaseutiese bedryf vir Maandag belê is.
Ceppwawu, Giwusa en Sacwu eis 'n verhoging van tussen 11 en 13%. Sowat 70 000 werkers in die petroleumsektor het twee weke gelede begin staak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters