Stakers ontvoer glo verpleegster
2010-08-30 14:54
Durban - ‘n Verpleegster is glo Maandagoggend deur stakende staatsdienswerkers ontvoer terwyl sy van haar werk op pad huis was toe, sê die departement van gesondheid in KwaZulu-Natal.
Die verpleegster werk by die KwaDukuza-hospitaal. Sy is glo een van drie mense wat deur die departement aangestel is om hulp te verleen tydens die staking.
“Haar ontvoerders het haar gedwing om die hospitaal te bel en hulle in kennis te stel daarvan dat sy ontvoer is. Sy is nog nie gevind nie,” het Chris Maxon, woordvoerder vir die departement, gesê.
Sy moes glo die hospitaal beveel om alle verpleegsters wat tans daar werk te ‘laat gaan’ voor sy vrygelaat sal word.
“Die departement is geskok om te hoor dat mense wat gesondheidsdienste vir ander verskaf op hierdie manier slagoffers word,” het Maxon gesê.
Polisie ondersoek die saak.
Volg Nuus24 op Twitter.