Stakers: Regering moet gaan 'dinges'
2010-08-20 18:30
Petro-Anne Morkel en Lunga Biyela,
Kaapstad – Stakende staatsdienswerkers wat by die ingang van die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad bymekaargekom het, het hul frustrasies uitgelaat en gesê dat die regering se loonaanbod onaanvaarbaar was.
“Ons kan niks met die 6,5% (die regering het sy aanbod eintlik na 7% verhoog) doen nie,” het Letticia Mhlaba, een van die betogers, aan News24 gesê.
“(Richard) Baloyi moet gaan k*k.”
Sy het bygevoeg dat die regering die werkers met hul aanbod ondermyn en dat hulle sal aanhou staak totdat daar aan hul vereistes voldoen word.
“Die pasiënte ly as gevolg van Baloyi.”
Vroeër in die dag het sowat 500 stakende werkers ingange na die Groote Schuur hospitaal geblok het ‘n woordvoerder van Nehawu beweer.
Teen die tyd wat News24 op die toneel gekom het, het die hoeveelheid stakers na sowat 100 verminder.
Meeste van die betogers wat die oggend by die hospitaal was, het in die middag aangesluit by betogers by Tygerberg hospitaal, het betogers aan News24 gesê.
– Is jy op een of ander manier geraak deur stakings? Stuur jou foto's of storie aan ons.
Volg Nuus24 op Twitter