Stakende busbestuurders dalk werk kwyt
2011-08-07 12:59
Johannesburg – Stakende busbestuurders van Rea Vaya gaan dalk afgedank word as hulle nie Maandag terug op hul poste is nie, het die City Press berig.
Omtrent die hele span van 200 bestuurders staak sedert Maandag, lui die berig.
Gabu Tugwana, ‘n woordvoerder vir Stad Johannesburg, het gesê die maatskappy het ‘n finale waarskuwing aan die stakende werkers uitgereik.
Tugwana het gesê die werkers skop teen ‘n verandering in die skofsisteem vas.
Voorheen moes bestuurders by ‘n sentrale punt mekaar van skofte aflos.
Nou word skofte op ander punte langs busroetes afgelos om betalings vir oortyd te besnoei, het Tugwana gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA