Stafsersant geskors ná skêr-aanval

2010-10-26 08:37
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die stafsersant in die weermag wat sowat twee weke gelede haar meerdere, ’n sersantmajoor, met ’n skêr bygedam het, is summier uit die weermag geskors.

Die skorsing is in opdrag van lt.genl. Solly Shoke, leërhoof. Sy sal nou voor ’n geskiktheidsraad verskyn om te bepaal of sy in die weermag mag aanbly.

Stafsers. Kholiswa Mashalaba van die Algemene Steunbasis Wes-Kaap by Youngsfield in Kaapstad staan tereg op ’n aanklag van poging tot moord.

Ao1. Moos Baartman, haar toesighouer by die logistieke afdeling van die eenheid, het Mashalaba onlangs ingeroep omdat sy blykbaar gereeld Maandae nie by die werk is nie.

Sy het na bewering ’n skêr tussen haar borste onder haar klere versteek en tydens Baartman se berisping, hom glo in die voorkop, agterkop, nek en rug gesteek.

Sy is ná die voorval en haar verskyning in die landdroshof op borgtog vrygelaat. Sy is weer deur die militêre polisie in hegtenis geneem weens ’n beweerde dreigement teen ’n ooggetuie in die saak. Sy is egter nie weer aangehou nie.

Die afgelope week het familie van Baartman gekla dat sy bloot na ’n ander afdeling oorgeplaas is en dat die weermag vroeër en fermer moes optree.

Volgens die familie is dit glo ook nie die eerste keer dat Mashalaba weens weerspannigheid van een afdeling na ’n ander oorgeplaas word eerder as om haar vas te vat.

Die familie sê hulle wil weet of die weermag wag dat iemand in ’n bloedbad sterf voor hulle teen iemand optree terwyl al die waarskuwingsligte in dié geval herhaaldelik geflikker het.

Baartman het ’n skoon rekord van meer as 30 jaar diens in die weermag. Volgens die familie is Mashalaba se optrede vir hom ’n ernstige klad op sý naam.

“Hy was nog altyd trots op die hoë gehalte van werk wat sy afdeling gelewer het en hy het geglo op dié manier dien hy en sy ondergeskiktes die weermag.

“Hy vind dit bitter moeilik om in ’n omgewing waar sy gesag ondergrawe word en geen respek vir senior range ter sprake is nie, sy roeping na te streef,” het een familielid gesê. Baartman is tans met siekverlof by die huis.

Kort nadat Beeld, noordelike susterskoerant van Die Burger, navraag gedoen het oor die stand van Mashalaba se skorsing, is die proses glo bespoedig en is sy toegang tot die eenheid verbied.

Sy verskyn vroeg in November weer in die landdroshof.

 

- Die Burger

Lees meer oor: weermag  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.