Stadsraad, Sanral vergader oor tolpaaie
2011-08-23 10:00
Kaapstad – Die stad Kaapstad vergader Woensdag met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in Pretoria om kwessies rondom die voorgestelde tolstelsel te bespreek.
Beamptes het 'n formele dispuut met die padagentskap verklaar oor sy planne om tolpaaie op die N1 en N2 te implementeer.
Die stad is bekommerd oor die sosio-ekonomiese en omgewingsimpak van die stelsel.
Brett Herron, die burgemeesterskomiteelid vir vervoer, paaie en stormwater, het gesê die stad hoop om een of ander ooreenkoms te bereik.
Herron het gesê hulle hoop dat Sanral sal onderneem om nie enige tenders vir die Wynlanddistrik-tolprojek toe te ken nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter