Stad verklaar dispuut oor tolpaaie
2011-08-17 13:07
Kaapstad – Die stad Kaapstad het 'n interregeringsdispuut met die Nasionale Padagentskap (Sanral) verklaar om te verhoed dat 'n tolstelsel op hoofroetes in dié stad ingestel word.
Die stad is gekant teen planne vir tolpaaie op die N1 en die N2 tussen die sentrale sakedistrik en die Kaapse Wynlanddistrik.
Brett Herron, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, paaie en stormwater, het 'n formele brief aan Sbu Ndebele, minister van vervoer geskryf.
Herron het gesê pogings tot dusver om met Sanral te vergader, het deur die mat geval.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter