Stad kry interdik teen stakende werkers
2011-08-18 10:10
Kaapstad – Die stad Kaapstad gaan 'n interdik teen stakende lede van die munisipale vakbond Samwu bekom om werkers wat noodsaaklike dienste verrig, te dwing om terug te keer werk toe.
Met dié interdik wil die stad alle intimidasie en geweld beëindig, berig RSG.
In Gauteng, waar sowat 90% van die vakbond se lede die staking boikot, het die vakbond gedreig om Vrydag die Johannesburgse middestad tot stilstand te bring.
Lede van die vakbond het Maandag landwyd begin staak en eis 'n loonverhoging van R2 000 of 18%.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter