Stad dalk weer Nelspruit

2010-11-06 07:17
Tweets Share Share line Print

Nelspruit - Nelspruit was Mbombela, maar gaan nou waarskynlik weer Nelspruit word.

Dít is weens ’n tegniese fout wat Lulu Xingwana, destyds minister van kuns en kultuur, in Oktober begaan het toe sy die stad se naamsverandering in die Staatskoerant aangekondig het.

Die naam was veronderstel om na Mbombela City te verander, maar dit is toe net as Mbombela geproklameer.

Raadslede van die Mbombela-munisipaliteit het eergisteraand toegegee dat die naam verkeerdelik aangekondig is.

’n Verslag om te bevestig dat die naam amptelik verander is, het voor die raad gedien, maar toe het Gerhard de Bruin, DA-leier in die raad, op die tegniese fout gewys.

Volgens hom was die DA se standpunt nog altyd dat Nelspruit se naam nie dieselfde as die munisipaliteit kan wees nie.

Lassy Chiwayo, burgemeester, het gesê hy stem saam dat die saak na die minister terugverwys moet word.

Hy het bygevoeg hy is in elk geval nie tevrede met die proses wat destyds gevolg is toe daar met die publiek oor die naamsverandering gepraat is nie.

Tydens die openbare konsultasieproses wat sowat drie jaar gelede plaasgevind het en wat baie swak bygewoon is, het net sowat 220 mense uiteindelik vir ’n naamsverandering gestem.

’n Groot aantal besware teen die naamsverandering wat destyds deur sakelui en lede van die Laeveldse kamer van handel en toerisme (LCBT) ingedien is, is nooit in ag geneem nie.

Chiwayo het op die vergadering gesê daar is ooglopend baie ongelukkigheid oor die proses wat gevolg is.

Hy het gesê die 23 000 handtekeninge wat die LCBT skaars vier weke gelede in ’n petisieveldtog ingesamel het, bevestig hoe ongelukkig inwoners is.

“Ek wil binne twee weke ook met al die rolspelers wat belang by die naamsverandering het, vergader sodat ons almal se menings op die tafel kan kry.”

Dié stelling het ’n gemor en roerings onder ander ANC-raadslede veroorsaak.

Toe mnr. Bhaba Nkosi, ’n burgemeesterskomiteelid en een van die mees senior ANC-lede in die raad, egter sy steun aan Chiwayo se voorstel toesê, het die gemor opgehou.

Die raad het toe eenparig besluit om die saak nie net na Mpumalanga se pleknaamkomitee te verwys nie, maar om die minister ook op die fout te wys.

’n Wysiging sal nou gepubliseer moet word.

Die LCBT is volgens me. Linda Grimbeeck, woordvoerder, verheug oor die raadsbesluit.

“Dit was juis die tegniese punt wat ons gaan gebruik in die regstappe wat ons teen die regering gaan doen om Nelspruit se naam terug te kry.

“Ons sal nou moontlik die geleentheid hê om sonder om koste aan te gaan weer beswaar teen die naam aan te teken.”

Die LCBT het Johan du Preez van die prokureursfirma Kruger Moeletsi reeds aangestel om die openbare konsultasieproses wat gevolg is te ondersoek.

Die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat ’n dringende aansoek daaroor by die hooggeregshof ingedien sal word.

Belastingbetalers sal na raming sowat R160 miljoen moet opdok vir al die veranderinge wat uit ’n nuwe naam vir die stad sal spruit.

“Ons kan dit nie bekostig nie. Daarom beveg ons die saak,” het Nic Elliot, president van die LCBT, vroeër gesê.

- Beeld

Lees meer oor: nelspruit  |  naamsverandering

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.