Stad Kaapstad waarsku stakers

2011-08-16 18:56
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die Stad Kaapstad het stakende munisipale werkers gewaarsku dat die stad “sal optree soos nodig is” om die stad se eiendom te beskerm nadat ‘n betoging vir loonverhogings Dinsdagoggend in die middestad gewelddadig geword het.

“As Samwu (die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie) aanhou optree op die manier wat tot nou toe die geval was, sal die stad geen ander opsie hê nie as om op watter manier ook al wettiglik nodig is op te tree om die veiligheid van die stad se werknemers, die gemeenskap en openbare eiendom te beskerm,” het Demetri Qually, lid van die burgemeesterskomitee vir Korporatiewe Dienste, gesê.

Die stad het gesê ‘n interdik teen die voortduur van die staking sal as gevolg van die geweld gesoek word.

Vroeër Dinsdag het munisipale werkers straatverkopers se goedere gebuit, plastiekdromme aan die brand gesteek en die vensters van voertuie gebreek tydens hul betoging in die middestad.

Die stad se hoof-inkopiestraat, Adderleystraat, is vol vullis en uitgebrande dromme gelaat.

Verskeie straatverkopers wat goedere soos kosmetiese middels, koffie, beursies en belte op die sypaadjies verkoop, het mettertyd weer die goedere uitgepak wat hulle weggesteek het soos die betogers nadergekom het.

Winkels in die straat het hul deure gesluit soos die werkers nadergekom het.

Die parlement, wat naby die bopunt van Adderleystraat geleë is, is ook deur die polisie afgesper.

Dertien betogers is in hegtenis geneem en sal van openbare geweld aangekla word, het die polisie gesê.

Samwu dring aan op ‘n loonverhoging van 18 persent. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regerings (Salga) bied ‘n verhoging van ses persent aan.

Die landwye staking het Maandag begin.

Volgens die Stad Kaapstad was 5 170, of 21 persent, van werknemers sonder toestemming Dinsdag afwesig van die werk af.

- Volg Nuus24 op Twitter


 

- SAPA

Lees meer oor: munisipale staking

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.