Staatsrede 2011

2011-02-10 19:06
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - President Jacob Zuma het Donderdagaand omstreeks 19:00 begin met sy derde staatsrede regstreeks uit die parlement in Kaapstad. Hier volg 'n paar hooftrekke uit sy toespraak.

19:00 - President Jacob Zuma begin sy toespraak en verwelkom almal teenwoordig. Volgens Zuma word die staatsrede omstreeks 19:00 gehou sodat elke Suid-Afrikaner die kans kan kry om dit te kyk.

19:10 - Zuma sê Suid-Afrikaners moet die realiteit aanvaar dat oudpresident Nelson Mandela "nie meer jonk is nie". "Hy sal van tyd tot mediese fasiliteite besoek. Dit is normaal vir iemand van sy ouderdom. Ons moet hom toelaat om dit met waardigheid te doen en sy familie se privaatheid respekteer. Ons skuld hom dit... vir sy bydrae," het Zuma gesê oor Mandela se onlangse opname in die hospitaal en die media se dekking daarvan.

19:20 - Zuma sê 2011 is deur die regering verklaar as die jaar van werkskepping. 'n Fonds van R9 miljard oor die volgende drie jaar is beskikbaar gestel vir werkskepping. "Die skep van ordentlike werk is die kern van ons ekonomie... elke bydrae tel," het Zuma aanmoedigend aan besighede gesê in terme van dié "nasionale poging". Zuma het ook gesê die regering besef dienslewering moet vinniger beweeg. Oor die sokkerwêreldbeker het hy gesê dit was "sonder twyfel die mees opwindende projek van 2010".

19:40 - "Ons moet almal krag spaar sodat ons nooit weer beurtkrag hoef te gebruik om krag te spaar nie," het Zuma gesê nadat hy genoem het dat Eskom meer as R75 miljard belê het om kragtoevoer te verseker. Die meeste van hierdie fondse word in nuwe kragstasies belê. "Skakel implemente in jou huis af as jy dit nie gebruik nie."
Zuma het ook verwys na Suid-Afrika se mynbates. "Teen 2009 was die mynbedryf verantwoordelik vir 30% van die land se uitvoer-inkomste."Na skatting sal ons ons mynbates nog meer as 100 jaar kan ontgin. Om die potensiaal van die bedryf te benut het die regering die African Exploration, Mining and Finance Corporation as die staat se mynmaatskappy onderskryf wat die myn van minerale van strategiese belang sal behartig.

19:50 - Zuma noem op die misdaadfront dat die kapasiteit en effektiwiteit van die polisie, veral wat speurdienste, forensiese analise en misdaadintelligensie betref, steeds verbeter. "Ons howe hou aan om al hoe beter te funksioneer, en die programme om agterstande te verminder, vorder goed. Ons sal aanhou om misdade teen vroue en kinders as ‘n prioriteit te beskou.
Ons wil saamwerk met gemeenskappe en ander rolspelers om dwelmhandel en dwelmmisbruik, wat sommige gemeenskappe uit mekaar skeur, te takel."

20:00 - Zuma het gesê die regering beplan om 105 verpleegkolleges landwyd opknap om meer verpleegsters op te lei.“Ons kort gekwalifiseerde hoofde van departemente, uitvoerende finansiële beamptes, distriksgeneeshere en kliniekbestuurders. Die opknappingswerk by hospitale en klinieke sal voortduur." Hy het gesê die stryd teen Vigs vorder goed, met HIV/Vigstoetse wat meer gewild raak oor die land heen. “Meer as 5 miljoen HIV-toetse is uitgevoer sedert die bekendstelling van die toetsveldtog in April verlede jaar.”

20:15 - Suid-Afrika het die verwikkelinge in Egipte en Tunisië nou dopgehou, het Zuma gesê. “Ons hou aan om die situasie te monitor – ook die implikasies vir die Midde-Ooste en Noord-Afrika. Ons glo dat die rigting en inhoud van dié oorgange deur dié susterlande self geskep moet word." In hierdie opsig moet Suid-Afrika pogings steun wat politieke hervorming wat ‘n gladde en vreedsame oorgang in Tunisië en Egipte sal teweegbring, het Zuma gesê. “Ons wens die mense van die Soedan hartlik geluk met ‘n suksesvolle referendum,” het hy gesê, waarop die parlementslede lank en luid gelag het nadat beeldmateriaal in die parlement uitgesaai is waar Shilowa en Lekota langs mekaar sit. Zuma het sy woorde egter herhaal en gesê: "Ons verwelkom die nuwe staat van Suid-Soedan." Zuma het ook gesê Suid-Afrika ondersteun ‘n onafhanklike staat vir Palestinië wat vreedsaam langs Israel kan bestaan.

20:20 - Zuma het gesê die hele Suid-Afrika moet die Proteas, wat binnekort aan die krieketwêreldbeker deelneem, ondersteun, asook die Springbokke, wat later vanjaar in Nieu-Seeland die rugbywêreldbeker gaan verdedig.
“Ons wens ook die nasionale netbalspan sterkte toe vir die Netbalwêreldbeker in Julie.”
Zuma het onder groot gejuig melding gemaak van Makhaya Ntini, “ons spesiale gas vanaand... wat ‘n enorme bydrae gemaak het tot plaaslike en internasionale krieket”.
Ntini is die ambassadeur vir Suid-Afrika se derde post-apartheid-sensus in Oktober vanjaar. Zuma het hom bedank daarvoor.

20:25 - Zuma het sy toespraak afgesluit deur te sê die regering se doel is duidelik. “Ons wil ‘n land hê waar miljoene Suid-Afrikaners ordentlike werkgeleenthede kan hê, met ‘n moderne infrastruktuur en ‘n lewendige ekonomie, waar lewensgehalte hoog is. Ons almal het ‘n verantwoordelikheid om hard te werk om dit ‘n realiteit te maak.”

- Lees die volledige staatsrede hier.

Volg MyNuus24 op Twitter om op hoogte te bly van die staatsrede regstreeks uit Kaapstad.
 

Lees meer oor: jacob zuma  |  parlement  |  staatsrede

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.