Staatsbeheer van myne ‘kan SA nóg tien jaar kos’

2010-02-15 10:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. – Die debat oor die nasionalisering van die myne is een wat Suid-Afrika – net soos die een oor onderwys – oor tien jaar met spyt kan laat.

Een tragiese fout moenie by nóg ’n tragiese fout gevoeg word nie, het Helen Zille, DA-leier, gister op ’n mediakonferensie by die parlement gewaarsku. Dié party het gister, twee dae voordat Pravin Gordhan, minister van finansies, sy begrotingstoespraak lewer, sy alternatiewe begroting bekend gestel.

Zille is op dié mediakonferensie oor haar siening van die nasionalisering van die myne gevra. Die kwessie word aktief deur Julius Malema, leier van die ANC-jeugliga, bevorder.

Sy meen nie ’n enkele kabinetslid steun die nasionalisering van die myne nie. “Ons het uit die semi-staatsinstellings geleer dat dit nie baie doeltreffend is nie. Die laaste ding wat ons wil hê, is om nóg tien jaar te verloor deur hulpbronne in ondoeltreffende, yslike staatsondernemings te stort.

“Dit kan hulpbronne wegneem van produktiewe beleggingsbesteding wat aansporings en meer ekonomiese aktiwiteit kan skep.

“As ons gaan begin mors met dié soort debat, gaan ons binne tien jaar terugkyk – soos ons nou met onderwys doen – en vra waarom het ons ons tyd op die verkeerde kwessies gemors.”

Die veranderings in die onderwyskurrikulum het die land tien jaar teruggesit, het Zille verklaar.

“Dit is die grootste struikelblok in ekonomiese ontwikkeling. Dit is nie die eienaarskap van myne nie – dit is die feit dat ons nie die vaardighede uit ons onderwysstelsel skep wat ons benodig nie.”

Dr. Dion George, DA-LP, het gesê die party sal, as deel van sy alternatiewe begroting, ’n “fundamentele skuif” van die eienaarskap van staatsinstellings begin. ’n Proses sal begin word om private beleggings na dié instellings te lok wat jaarliks, oor die volgende drie jaar, R20 miljard vir die fiskus kan skep. Deur verdere reddingsboeie aan dié instellings te staak, sal openbare besteding verminder word.

Meer geld sal opsy gesit word vir padinfrastruktuur, grondhervorming en ’n rits onderwysprogramme. ’n Werkloosheidtoelae van R110 aan Suid-Afrikaners wat jaarliks minder as R54 200 verdien, sal ook begin word.

Goedkoper vigsmedisyne sal gevind word, BTW sal afgeskaf word op handboeke en R600 miljoen sal op “vermorste uitgawes” soos luukse motors vir die uitvoerende gesag bespaar word. Op die gebied van dienslewering sal die DA die getal polisiebeamptes, speurders, staatsprokureurs en dokters aansienlik verhoog.

- Beeld

Lees meer oor: nasionalisering

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

karl.speer.5 sê... Elke revolusie is uniek maar die swakheid van die regering is altyd die primêre oorsaak. As 'n regering nie wét en orde kan handhaaf nie dan is hy power. Gewoonlik sal so 'n power regering eers te sag optree, dan te streng optree, onder druk swig en toegewings maak maar dan weier om na regverdige klagtes en besware te luister. ‘n Regering wat bykans geen beleid het nie, lukraak regeer, ‘n land ekonomies ten gronde laat gaan, met swak amptenare regeer, korrupsie van die amptenary en die regering self toelaat is inderdaad 'n power regering. Die stappe wat die regering in SA tans doen beteken net soveel as 'n bewys wat in reën water geskryf is. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2010
R 94,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY GS TD5 AT
2003
R 99,990.00

NISSAN

NP200 1.6 Base PU
2009
R 92,500.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.